Dis Skoudag By Helderberg Manor! Kom Kuier Vandag En More

25 March 2023

Dis Skoudag By Helderberg Manor! Kom Kuier Vandag En More

Helderberg Manor se mediese sorgsentrum word deur Medwell SA bedryf en bied heeltydse gehaltesorg vir die inwoners van hierdie aftreeoordontwikkeling in SomersetWes.

Eiendommeredaksie Die gevestigde aftreeoordontwikkeling Helderberg Manor, in SomersetWes, het pas nuwe bystandwoonstelle bekend gestel en voornemende kopers word die naweek genooi om hierdie eenhede sowel as die oord se geriewe te kom besigtig. Hierdie nuwe eenhede word op ‘n lewensregbasis verkoop.

Die verkoopspryse begin by R1 009 000.

Die ontwikkelaar Devmark Property Group meen met die bystandwoonstelle kan kopers al die voordele van ‘n onafhanklike leefstyl geniet binne die verwelkomende aftreegemeenskap van Helderberg Manor. Daarmee saam kry kopers wat in Helderberg Manor bele ook die bykomende gemoedsrus dat mediese hulp en versorging altyd pers en beleggers wat in hierdie byderhand is.

NOg ‘n aanloklike bystandeenhede wil bele is die kenmerk vir voornemende kofeit dat al Helderberg Manor se geriewe reeds voltooi is. Dit sluit die klubhuis en biblioteek in, sowel as ‘n heeltydse gesondheid sorgsentrum wat deur Medwell SA bestuur word. Die oord het ook mooi, gevestigde tuine waarin inwoners kan gaan uitspan. Volgens Devrnark is daar slegs 50 bystandeenhede beskikbaar. Die eenhede het almal een slaapkamer en een badkamer. Kom kuier! Dit is skounaweek by Helderberg Manor vandag en mOre.

Die besoektye is van 10:00 tot 14:00. Besoekers sal onderskeidelik die bystandwoonstelle sowel as die mediese sorgsentrum kan besigtig.

Vir meer inligting oor beleggingsmoontlikhede of om ‘n afspraak te maak om die ontwikkeling te besigtig, bel Estelle Wilshere by 076 738 0172 of besoek www.helderbergmanor.co.za.